# Krieket: Die beslissende T20 tussen Suid-Afrika en Australië word Saterdag in Cairns gespeel nadat Dewald Brevis gister in Darwin die gasheer feitlik man-alleen verslaan het. Hy het ‘n blitsige onoorwonne 125 van net 56 balle gemoker – die hoogste T20-telling nog vir ‘n Protea-kolwer – en die besoekers het ‘n reuse-218 vir sewe behaal. Brevis het daarna twee vangskote benut terwyl Corbin Bosch en Kwena Maphaka elk drie paaltjies geneem het, en die Aussies is uitgeboul vir 165. Australië het die eerste wedstryd met 17 lopies gewen.
Krieket: T20-reeks word Saterdag beslis na Brevis se skitterspel in Darwin