# Krieket: Die voormalige Lions-speler Beyers Swanepoel mag graafskapskrieket vir Worcestershire speel nadat hy ‘n sertifikaat van geen beswaar by Krieket Suid-Afrika gekry het. Hy was in ‘n onseker posisie nadat die Lions hom afgedank het toe hy halpad deur die Eendagbekereindstryd teen die Titans vertrek het om ‘n vlug Brittanje toe te haal. Sy span het dus net tien spelers gehad en het die wedstryd verloor. KSA sê hulle is kontraktueel verplig om die sertifikaat aan Swanepoel te gee nadat albei partye ‘n beëindigingsooreenkoms bereik het.
Krieket: Swanepoel mag vir Worcestershire speel na toestemming deur KSA