# Krieket: Die Suid-Afrikaner Allahuddien Paleker en Alex Wharf van Engeland is ingesluit by die Internasionale Krieketraad se elite-paneel skeidsregters vir 2025-2026. Paleker, wat die sewende Suid-Afrikaanse skeidsregter op die paneel is, het in vier toetse as veld-skeidsregter opgetree. In mans-krieket het hy 23 eendagwedstryde en 67 T20’s waargeneem, en was ook skeidsregter in 17 internasionale vroue-wedstryde. Paleker sê hy is trots om op die elite-paneel te dien, maar dis ook ʼn groot verantwoordelikheid.
Krieket: Suid-Afrikaner Allahuddien Paleker ingesluit by IKR se elite-paneel skeidsregters