Skip to content

Krieket: Suid-Afrikaanse kolwer verpletter jeug eendag-rekord

# Krieket: Jorich van Schalkwyk het die eerste kolwer in die geskiedenis van jeug eendag-krieket of YODI, geword om ‘n dubbele honderdtal aan te teken toe Suid-Afrika se O.19-mans gister hul driehoekige reeks met ‘n oorweldigende oorwinning van 278 lopies oor die gasheer Zimbabwe in Harare afgeskop het. Die 18-jarige het ‘n ongelooflike 215 lopies van 153 balle aangeteken – 19 viere en ses sesse – om sy span te help om 385 lopies in te oes. Dié vertoning is ‘n groot hupstoot vir Suid-Afrika aan die begin van die reeks by Sunrise Sports Club, waarby Bangladesj ook betrokke is.