Skip to content

Krieket: Suid-Afrika klop Pakistan en toetsreeks eindig gelykop

# Krieket: Suid-Afrika het Pakistan met agt paaltjies verslaan in die tweede en laaste toets in Rawalpindi om die reeks te deel. Die Protea-wegbreekbouler Simon Harmer het ses paaltjies platgetrek en Pakistan in sy tweede beurt help uitboul vir 138. Suid-Afrika het die teiken van 68 maklik gehaal danksy kaptein Aiden Markram se 42 en Ryan Rickelton se onoorwonne 25. Pakistan het die eerste toets in Lahore met 93 lopies gewen. Die twee lande pak mekaar nou in drie T20’s.