# Krieket: Kaptein Laura Wolvaardt het ‘n meesterlike kolfvertoning gelewer toe Suid-Afrika Engeland in Guwahati met 125 lopies geklop het om hul eerste eindstryd van ‘n eendag-Wêreldbekertoernooi te haal. Wolvaardt het 169 lopies gemoker, die hoogste telling ooit vir ‘n Suid-Afrikaner in ‘n Wêreldbekertoernooi, en die Proteas het ‘n indrukwekkende 319 vir sewe aangeteken. Marizanne Kapp het daarna vyf paaltjies geneem toe Engeland vir 194 uitgeboul is. Suid-Afrika speel Sondag in die eindstryd teen Australië of Indië. Wolvaardt sê vennootskappe was die sleutel:
Krieket: Suid-Afrika klop Engeland om eerste eendag-eindstryd in die Vroue-wêreldbeker te haal [KLANK]
ENG WolvaardtOnPartnerships