# Krieket: Afganistan se briljante oorwinning oor Engeland in gister se Kampioenetrofee-wedstryd in Lahore, Pakistan, beteken ‘n driehoekige stryd om die twee kwalifiserende plekke uit Groep B. Suid-Afrika, Australië en Afganistan het aldrie nog ‘n kans om die halfeindronde te haal. Australië en Afganistan pak mekaar môre in Lahore, en die Proteas speel Saterdag in Karatsji teen Engeland. Suid-Afrika is boaan die groep terwyl Australië ook drie punte het, en Afganistan twee. Nieu-Seeland en Indië het reeds deurgedring uit Groep A.
Krieket: Suid-Afrika, Australië en Afganistan veg om plek in Kampioenetrofee-halfeindronde