Skip to content

Krieket: Stokes en Atkinson terug vir Engeland se derde en beslissende toets teen Nieu-Seeland

#  Krieket: Engeland se kaptein, Ben Stokes, en die snelbouler Gus Atkinson is ingsluit in die groep vir die derde en beslissende toets teen Nieu-Seeland wat Donderdag op Trent Bridge begin. Hulle is uitgelaat vir die tweede toets na ‘n onlangse voorval in ‘n Londense nagklub. Engeland het die tweede toets op die Oval met 253 lopies verloor. Die Engelse en Walliese Krieketraad het Stokes en Atkinson na ‘n ondersoek vrygespreek van gewelddadige gedrag, maar bevind hulle het spesifieke kontrakverpligtinge verbreek. Albei het ‘n skriftelike waarskuwing ontvang.