Skip to content

Krieket: Stokes en Atkinson uitgelaat uit Engeland se groep vir tweede toets teen Nieu-Seeland

# Krieket: Engeland se kaptein, Ben Stokes, en die snelbouler Gus Atkinson is uitgelaat uit die span vir die tweede toets teen Nieu-Seeland. Hulle word ondersoek vir die verbreking van span-protokolle. Hulle het die span se middernag-klokreël verbreek toe hulle Maandag in die vroeë oggendure in ‘n nagklub in ʼn onderonsie met ʼn rugbyspeler van Saracens betrokke was. Die snelbouler Jofra Archer en die kolwer Jordan Cox is in die span ingesluit. Joe Root sal as kaptein waarneem in die toets wat Woensdag op die Oval in Londen begin.