Skip to content

Krieket: Spelers verlaat Indië nadat IPL met ‘n week uitgestel is

# Krieket: Spelers en ondersteuningpersoneel het begin om Indië te verlaat ná gister se aankondiging dat die Indiese Premierliga vir ’n week opgeskort is. Dis gedoen terwyl die konflik vererger op die grens met Pakistan. Indië se beheerliggaam, die BCCI, sê alle belanghebbendes het eenparig saamgestem dis nie gepas om die IPL in die huidige omstandighede voort te sit nie. Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Krieketspelersvereniging, Andrew Breetzke, sê ook hulle kommunikeer regstreeks met die Suid-Afrikaanse spelers in die IPL en het hulle al die nodige ondersteuning aangebied.