# Krieket: Die Kampioenetrofee-toernooi het die uitspeelronde gehaal en slegs vier van die agt spanne bly oor. Indië het eerste geëindig in Groep A en Nieu-Seeland tweede. Die Proteas het Groep B gewen, gevolg deur Australië. Indië en Australië pak mekaar vandag in die eerste halfeindstryd in Doebai en Suid-Afrika en die Swartpette sal sake môre uitspook in Lahore, Pakistan. Die eindstryd vind Sondag in Doebai of ‘n Pakistanse stad plaas, afhangend of Indië daarin speel.
Krieket: Slegs vier spanne bly oor in Kampioenetrofee