# Krieket: Mohammed Siraj en Jasprit Bumrah het met sewe paarltjies tussen hulle Indië se boul-aanval gelei en die Wes-Indiese Eilande vir 162 uitgehaal op dag een van die eerste toets. ‘n Uitgedunde Wes-Indiese span het die loot in Ahmedabad gewen, maar danksy Indië se verbete aanval is die besoekers in die tweede sessie in die 45ste boulbeurt uitgeboul. Siraj het met sy terugkeer vier vir 40 aangeteken, en daarmee sy toetspaaltjies vanjaar tot 27 verhoog. Bumrah het drie paaltjies vir 42 lopies geneem.
Krieket: Siraj en Bumrah boul Wes-Indiese Eilande uit vir 162 lopies