Skip to content

Krieket: Shubman Gill ingesluit in Indië se T20-groep vir Asië-beker

# Krieket: Toets-kaptein Shubman Gill is ingesluit in Indië se T20-groep vir volgende maand se Asië-bekertoernooi nadat hy weggelaat is uit drie vorige reekse in die kortste formaat. Hy is terug in die 15-man-groep as adjunk vir kaptein Suryakumar Yadav, danksy sy uitstekende vertoning met die kolf in die onlangse toetsreeks teen Engeland. Agt lande neem aan die toernooi deel, die eerste grote in die aanloop tot die T20-Wêreldbekertoernooi in Februarie en Maart volgende jaar in Indië.