Skip to content

Krieket: Sestien spelers sal Protea Vroue verteenwoordig op witbaltoer in Wes-Indiese Eilande

# Krieket: Sestien spelers is ingesluit in die Protea Vroue se groep vir ‘n witbaltoer na die Wes-Indiese Eilande. Die span sal vanaf 11 Junie drie eendagwedstryde en drie T20s in Barbados speel. Laura Wolvaardt sal die groep aanvoer, wat die terugkeer van die ervare Marizanne Kapp insluit, asook die naatboulers Tumi Sekhukhune en Ayanda Hlubi. Die veelsydige Miané Smit sal die geleentheid kry om haar T20-buiging te maak. Die toer word gebruik as voorbereiding vir die eendag-Wêreldbekertoernooi wat op 29 September in Indië begin.