# Krieket: Die ses franchise-spanne in die SA20 begin vorm aanneem vir die vierde seisoen wat op 26 Desember begin. Die Proteas se T20-kaptein, Aiden Markram, is onderweg na die speler-veiling nadat Sunrisers Eastern Cape nie hul kaptein van die eerste drie seisoene behou het nie. Die voormalige Protea-kaptein, Faf du Plessis, gaan by Joburg Super Kings bly, terwyl die verdedigende kampioen, MI Cape Town, die dienste van Ryan Rickelton, George Linde, Corbin Bosch en Kagiso Rabada sal hê. Die veiling vind op 9 September plaas.
Krieket: SA20-spanne begin vorm aanneem vir die vierde seisoen