# Krieket: Die Suid-Afrikaanse onder-19-vrouespan toer volgende maand die eerste keer ooit in Pakistan. Die veelsydige Mieke van Voorst is aangewys as kaptein van die groep van 15, wat ses spelers insluit wat vroeër vanjaar brons vir die land verower het in die Patricia Kambarami-bekertoernooi in Nigerië. Vyf internasionale kragmetings sal gespeel word, almal dag-aand-wedstryde in Karachi. Dit sal gebruik word as voorbereiding vir volgende jaar se onder-19-T20-Wêreldbekertoernooi in Bangladesj en Nepal.
Krieket: SA onder-19-vrouespan toer volgende maand in Pakistan