Skip to content

Krieket: SA haal eindstryd van Wêreldkampioenskap vir Legendes met enkellopie-oorwinning oor Australië

# Krieket: Suid-Afrika speel môre teen Pakistan in die eindstryd van die Wêreldkampioenskap vir Legendes op Edgbaston in Engeland nadat hulle Australië met ‘n enkele lopie verslaan het. Die span het ‘n mededingende 186 vir ses aangeteken danksy Morné van Wyk se 76 en Jon-Jon Smuts se 57. Die voormalige Protea-kaptein, AB de Villiers, het hierdie keer nie ‘n bydrae met die kolf gemaak nie, maar was briljant met sy veldwerk en het Nathan Coulter-Nile van die laaste bal uitgeloop. Die Aussies het geëindig op 185 vir sewe.