Skip to content

Krieket: SA een voet in halfeindronde na ‘n oorwinning oor Sri Lanka

# Krieket: Suid-Afrika het een voet in die halfeindronde van die 2025 Vrouewêreldbeker nadat die openingspaar Laura Wolvaardt en Tazmin Brits gister ‘n sprankelende vertoning gelewer het en mede-gasvroue Sri Lanka met 10 paaltjies in Colombo afgeransel het. Die Proteas het met foutlose spel ‘n hersiene oorwinningsteiken van 121 gemoker, met 31 balle oor van hul verkorte 20-boulbeurte. Hulle het nou na die tweede plek op die punteleer opgeskuif, ‘n punt agter Australië, wat reeds gekwalifiseer het. ‘n Oorwinning oor Pakistan Dinsdag sal ‘n plek in die halfeindronde vir Wolvaardt se span verseker.