# Krieket: Indië se kaptein, Rohit Sharma, het sy span gewaarsku om ‘n kwaai aanslag van Australië te verwag in môre se Kampioenetrofee-halfeindstryd, wat ‘n herhaling is van die eindstryd van 2023 se eendag-Wêreldbekertoernooi. Hulle speel môre in Doebai teen Steve Smith se span om ‘n plek in die eindstryd van die toernooi waaraan agt lande deelneem. Australië is sonder ‘n hele aantal sleutel-spelers, maar is bekend daarvoor dat hulle hul spelpeil verhoog wanneer dit saakmaak. Die Aussies het Indië in die 2023 se eindstryd verslaan in hulle laaste eendag-kragmeting.
Krieket: Rohit waarsku Indië voor halfeindstryd teen Australië