Skip to content

Krieket: Reën verydel Sunrisers Hyderabad se hoop om IPL se uitspeelronde te haal

# Krieket: Sunrisers Hyderabad se hoop om die uitspeelronde van die Indiese Premierliga te haal, is verydel toe reën hulle wedstryd teen Delhi Capitals in die wiele gery het. Capitals het 133 vir sewe in hulle 20 boulbeurte aangeteken, waarna die spelers nie na die veld kon terugkeer nie. Die twee spanne kry elkeen ‘n punt. Capitals is steeds in die vyfde plek, maar het die gaping met die vierde-geplaaste Gujarat Titans tot slegs een punt verklein.