Skip to content

Krieket: RCB nou boaan IPL-punteleer na oorwinning met vyf paaltjies oor Lucknow

# Krieket: Die verdedigende kampioen, Royal Challengers Bengaluru, het na eerste plek op die Indiese Premierliga-punteleer opgeskuif danksy ‘n oorwinning met vyf paaltjies oor Lucknow Super Giants. Die besoekers is vir net 146 uitgeboul nadat Rasikh Salam vier paaltjies geneem het en Bhuvneshwar Kumar drie. Mitchell Marsh se 40 was die hoogste telling. Die veteraan-kolwer Virat Kohli het die gasheer se lopie-jaagtog geanker met 49 en hulle het die teiken in die 16de boulbeurt bereik met vyf paaltjies plat. Rajasthan Royals is nou tweede en Punjab Super Kings derde.