# Krieket: Die verdedigende kampioen, Royal Challengers Bengaluru, is vandag gasheer vir Lucknow Super Giants in die Indiese Premierliga. RCB is tans derde op die punteleer en Lucknow sewende. Kolkata Knight Riders se nagmerrie-seisoen het gister voortgeduur met ‘n nederlaag met 32-lopies teen Chennai Super Kings in Chennai. Die gashere het 192 vir sewe behaal en die besoekers kon slegs 160 vir sewe haal. Kolkata, wat steeds laaste op die punteleer is, het nou vier van sy eerste vyf kragmetings verloor terwyl nog een uitgereën het. Chennai is agste.
Krieket: RCB en Lucknow spook vandag sake uit in IPL terwyl Kolkata se nagmerrie voortduur