# Krieket: Die Proteas-vrouespan het hul Wêreldbeker-veldtog in Indië op die slegste moontlike manier begin en met tien paaltjies teen Engeland verloor. Engeland het die loot gewen en die Proteas ingestuur om te kolf. Suid-Afrika se toporde het ineengestort en slegs Sinalo Jafta met 22 lopies kon dubbelsyfers behaal. Engeland het die Proteas in die 21ste boulbeurt vir slegs 69 lopies uitgehaal. Linsey Smith het die grootste slagting veroorsaak en drie paaltjies vir slegs sewe lopies in vier boulbeurte platgetrek. Suid-Afrika kom Maandag teen Nieu-Seeland te staan.