Skip to content

Krieket: Rajasthan Royals verseker laaste IPL-uitspeelplek

# Krieket: Rajasthan Royals het die vierde en laaste plek in die Indiese Premierliga se uitspeelronde beklink toe hulle die voormalige kampioen, Mumbai Indians, met 30 lopies verslaan het. Rajasthan het eerste gekolf en 205 vir agt aangeteken. Mumbai is daarna tot 175 vir nege beperk ondanks Suryakumar Yadav se skitterende 60 van 42 balle. Jofra Archer was die ster onder die boulers en het drie paaltjies platgetrek. Rajasthan Royals sluit aan by Royal Challengers Bengaluru, Gujarat Titans en Sunrisers Hyderabad in die uitspeelronde.