# Krieket: Rajasthan Royals is boaan die Indiese Premierliga-punteleer ná hul oortuigende oorwinning met 27 lopies oor Mumbai Indians in Guwahati. Yashasvi Jaiswal het ʼn onoorwonne 77 van 32 balle gemoker en die 15-jarige Vaibhav Sooryavanshi het 39 van slegs 14 aflewerings behaal. Dit het bygedra tot Royals se 150 vir drie nadat hulle boulbeurte weens reën tot elf beperk is. Mumbai kon daarna slegs 123 vir nege aanteken nadat Nandré Burger, Sandeep Sharma en Ravi Bishnoi elk twee paaltjies laat kantel het.
Krieket: Rajasthan Royals klop Mumbai Indians en is nou eerste op die IPL-punteleer