Skip to content

Krieket: Rabada se vyf paaltjies oorskadu deur Bangladesj se terugvegpoging in die eerste toets

# Krieket: Towzid Hridoy en Litton Das het Bangladesj se terugvegpoging gelei op die eerste dag van die eerste toets teen Suid-Afrika op die Wanderers in Johannesburg. Die besoekers was ná middagete reeds in die moeilikheid op 121 vir vyf, nadat die Proteas se snelbouler, Kagiso Rabada, sy 18de prestasie van vyf paaltjies in ‘n beurt behaal het. Hridoy het 137 lopies aangeteken, sy tweede honderdtal, terwyl Das onoorwonne op 92 was. Die twee het ‘n vennootskap van 206 lopies om die sesde paaltjie opgebou, wat die hoogste vennootskap ooit deur ‘n Bangladesj-paar teen Suid-Afrika is. Die besoekers sal vandag hervat op 327 vir ses.