Skip to content

Krieket: Rabada is vrygestel om in IPL te speel na skorsing van ‘n maand

# Krieket: Die Protea-snelbouler Kagiso Rabada is beskikbaar om vir Gujarat Titans in die Indiese Premierliga te speel nadat hy ‘n skorsing van ‘n maand uitgedien het vir die gebruik van ’n ontspannings-dwelm tydens die SA20. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport sê hy het aan ’n opvoedings- en bewusmakingsprogram deelgeneem om dwelmmisbruik te voorkom en dit het sy skorsing van drie maande tot een verminder. Rabada kan moontlik reeds môre speel wanneer Titans teen Mumbai Indians te staan kom.