Skip to content

Krieket: Rabada glo as SA 2027 Wêreldbeker aanbied behoort dit Proteas vryheid te gee eerder as bykomende druk

# Krieket: Die Protea-snelbouler Kagiso Rabada sê hulle verwelkom die vryheid en verantwoordelikheid om op eie bodem in ‘n Wêreldbekertoernooi te speel. Suid-Afrika sal volgende jaar saam met Zimbabwe en Namibië die 14de eendag-Wêreldbekertoernooi aanbied. Die toernooi keer na 24 jaar terug na Afrika. Rabada het deelgeneem aan Suid-Afrika se twee mees onlangse eendag-Wêreldbeker-veldtogte in 2019 en 2023. Hy sê die span is vol vertroue na hul oorwinning oor Australië in verlede jaar se wêreldtoetskampioenskaps-eindstryd.