Skip to content

Krieket: Rabada en Ngidi draai die momentum in SA se guns teen Australië

# Krieket: Die Protea-boulers het gister die laaste sessie op dag twee van die Wêreldtoetskampioenskap-eindstryd teen Australië op Lord’s in Londen oorheers. Pat Cummins het ses paaltjies geneem om Suid-Afrika met slegs 138 te laat, terwyl Australië ‘n voorsprong van 74 in die eerste beurt geneem het. In antwoord het die snelboulers Kagiso Rabada en Lungi Ngidi elk drie paaltjies geneem om die Aussies met 144 vir agt in hul tweede beurt te laat wankel. Australië lei teen Suid-Afrika met 218 lopies met twee paaltjies oor.