Skip to content

Krieket: Rabada aan die spits van Proteas se snelboulaanval in eindstyd van Wêreld-toetskampioenskap

# Krieket: Kagiso Rabada lei die Proteas se sesman-snelboul-aanval in die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap teen Australië, wat op 11 Junie op Lord’s in Londen begin. Die ander snelboulers is Lungi Ngidi, Dane Paterson, Marco Jansen, Wiaan Mulder en Corbin Bosch, ondersteun deur die draaiboulers Keshav Maharaj en Senuran Muthusamy. Afrigter Shukri Conrad sê hulle het die afgelope 18-maande hard gewerk om ’n mededingende rooibal-eenheid te bou, en die bereiking van die eindstryd is ‘n bewys van hulle vordering.