# Krieket: Die Proteas-vrouespan het hul tweede agtereenvolgende eendagwedstryd verloor in die driehoekige reeks in Sri Lanka. Sri Lanka het met vyf paaltjies gewen en 21 balle oor. Die gasvroue het die loot in Colombo gewen en die Suid-Afrikaners eerste laat kolf. Annerie Dercksen het die meeste lopies aangeteken met 61 van 60 balle, en die besoekers het 235 vir nege behaal. Malki Madara het vier paaltjies geneem en Dewmi Vihanga drie. Harshitha Samarawickrama en Kavisha Dilhari se 128-lopie vennootskap om die vierde paaltjie is ‘n nuwe rekord. Die gasvroue het die wenlopies in die 47ste boulbeurt aangeteken.
Krieket: Proteas-vrouespan verloor tweede eendagwedstryd in driehoekige reeks in Sri Lanka