# Krieket: Die Protea-vroue jaag ‘n wenteiken van 233 in hul Wêreldbeker-wedstryd teen Bangladesj in Visakhapatnam, Indië. Bangladesj het stadig begin nadat hulle die loot gewen het en besluit het om te kolf, maar het die tempo verhoog om 232 lopies vir ses paaltjies in hulle 50 boulbeurte aan te teken. Sharmin Akhter het 50 aangeteken en Shorna Akter ‘n onoorwonne 51 lopies, terwyl Nonkululeko Mlaba twee paaltjies laat kantel het. Suid-Afrika is tans vierde op die punteleer na drie wedstyde, met Bangladesj sesde.
Krieket: Proteas-vroue jaag teiken van 232 lopies vir Bangladesjoorwinning in Wêreldbeker-wedstryd