# Krieket: Suid-Afrika het die oorhand gehad op die derde dag van die laaste toets teen Pakistan in Rawalpindi. Die Proteas het swak begin toe hulle vier vroeë paaltjies verloor het met ‘n eerstebeurt-agterstand van 98, maar die boulers Senuran Muthusamy, Keshav Maharaj en Kagiso Rabadi het die wa deur die drif getrek om hulle tot 404 te neem – ‘n voorsprong van 71. Simon Harmer het daarna drie vinnige paaltjies platgetrek en Rabada een, en Pakistan het teen uitskeityd gesteier op 94 vir vier – ‘n skrale voorsprong van 23 lopies.
Krieket: Proteas voer botoon aan einde van derde dag teen Pakistan in Rawalpindi