# Krieket: Die Proteas het skoonskip gemaak in die reeks van twee toetse teen Zimbabwe toe hulle die tweede toets in Bulawayo met ‘n beurt en 236 lopies gewen het. Die besoekers het ‘n reuse-626 vir vyf in hulle eerste beurt aangeteken, aangevuur deur instaan-kaptein Wiaan Mulder se onoorwonne 367, waarna die gashere uitgeboender is vir 170. In Zimbabwe se opvolgbeurt was Nick Welch se 55 die hoogste telling. Die stertkant-kolwers het die Protea-boulers ‘n rukkie gefrustreer, maar die laaste paaltjie het geval met slegs 220 op die telbord.
Krieket: Proteas verslaan Zimbabwe met ‘n beurt en maak 2-0 skoonskip in die reeks