Skip to content

Krieket: Proteas verloor vroeg paaltjies op die eerste dag van die Wêreldtoetskampioenskap-eindstryd

# Krieket: Suid-Afrika het die eerste dag van die Wêreldtoetskampioenskap-eindstryd by Lord’s in Londen afgesluit met 43 vir vier in hul eerste beurt, steeds 169 lopies agter Australië. Kagiso Rabada het vyf paaltjies geneem toe die Proteas Australië vir 212 uitgehaal het. In antwoord daarop het Mitchell Starc die aanvangskolwers Aiden Markram, met ‘n eendjie, en Ryan Rickelton op 16 weggestuur. Pat Cummins het die paaltjies van Wiaan Mulder, en Josh Hazlewood dié van Tristan Stubbs, laat val. Kaptein Temba Bavuma en David Bedingham sal vandag onderskeidelik op drie en agt hervat.