# Krieket: Die Proteas keer terug na die toneel van hulle onlangse triomf in die Wêreldtoetskampioenskap wanneer hulle vandag op Lord’s teen Engeland speel in die tweede eendagwedstryd. Suid-Afrika kan die reeks van drie kragmetings vandag beklink na Dinsdag se oortuigende oorwinning op Headingley. Keshav Maharaj en Wiaan Mulder het die gasheer help uitboender vir net 131, waarna Aiden Markram die Protea-aanslag gelei en die wenteiken bereik het met slegs drie paaltjies plat. Die laaste eendag-kragmeting word Sondag in Southampton gespeel, gevolg deur drie T20s.
Krieket: Proteas terug op Lord’s om eendagreeks teen Engeland te probeer beklink