# Krieket: Kenners sê Suid-Afrika staan voor ‘n groot uitdaging wanneer hulle Indië in twee toetse aandurf in die volgende deel van die verdediging van hul Wêreldtoetskampioenskaps-titel. Die Proteas het net drie volle dae om voor te berei vir die eerste wedstryd wat Vrydag op Eden Gardens in Kolkata begin. Die span se vorige veldtogte is egter gekenmerk deur hulle vermoë om goeie toetskrieket te speel sonder opwarmings-wedstryde. Kaptein Temba Bavuma is terug in die span nadat hy die onlangse reeks teen Pakistan weens ‘n kuitbesering misgeloop het.
Krieket: Proteas staan voor groot uitdaging teen Indië in Wêreldtoetskampioenskap