Skip to content

Krieket: Proteas speel Maandag teen Zimbabwe in driehoekige reeks

# Krieket: Suid-Afrika speel Maandag in Harare teen die gasheer, Zimbabwe, in die eerste wedstryd van die driehoekige T20-reeks waaraan Nieu-Seeland ook deelneem. Rassie van der Dussen voer die span aan terwyl die gereelde kaptein, Aiden Markram, en nog ‘n hele paar ander hoëprofiel-spelers ruskans kry. Die jong kolwer Lhuan-dré Pretorius kan sy T20-buiging vir Suid-Afrika maak na sy indrukwekkende vertoning in die onlangse toetsreeks teen Zimbabwe. Die Proteas is na die driehoekige reeks op pad Australië toe, vir ‘n toer van drie T20s en drie eendagwedstryde.