# Krieket: Die Protea-vroue pak vandag die voorloper op die punteleer, Australië, in hul laaste Wêreldbeker-groepwedstryd in Indore, Indië. Albei lande het reeds vir die halfeindronde gekwalifiseer, saam met Engeland en Indië, maar die finale volgorde sal eers bevestig word na môre se wedstryde tussen Engeland en Nieu-Seeland, en Indië en Bangladesj. Woensdag se eerste halfeindstryd sal beslis word tussen die lande wat eerste en vierde op die punteleer eindig, en Donderdag se tweede een tussen die tweede en die derde span. Die eindstryd vind volgende Sondag plaas.
Krieket: Proteas pak Australië in hulle laaste Wêreldbeker-groepwedstryd