# Krieket: Die derde en laaste T20 tussen Suid-Afrika en Australië word vandag in Cairns gespeel. Die reeks is tans gelykop na Suid-Afrika se sprankelende terugveg-oorwinning in die tweede wedstryd, te danke aan ‘n skitterende honderdtal deur Dewald Brevis. Die voormalige kaptein van Victoria, Adam Crosswaite, het dit op ABC radio beskryf as een van die beste T20-kolfbeurte wat nog ooit in Australië gesien is. Australië het die eerste wedstryd gewen en albei spanne sal probeer om die reeks te beklink in die beslissende kragmeting.
Krieket: Proteas pak Australië in derde en beslissende T20