# Krieket: Skitterende boulwerk deur Wiaan Mulder, Cody Yusuf en Keshav Maharaj het die Proteas ʼn goeie voorsprong gegee op die tweede dag van die eerste toets teen Zimbabwe in Bulawayo, ondanks Sean Williams se 137. Suid-Afrika het gisteroggend sy eerste beurt gesluit op 418 vir nege en die gahseer is kort na teetyd uitgeboul vir 251. Die Proteas was teen uitskeityd op dag twee in beheer op 49 vir een. Hulle begin dag drie met ʼn voorsprong van 216 lopies.
Krieket: Proteas neem beheer op tweede dag van eerste toets teen Zimbabwe