Skip to content

Krieket: Proteas moet foute regstel voor wedstryd teen Indië

# Krieket: Suid-Afrika se vrouespan besef hulle sal op hulle beste moet wees in Sondag se T20-Wêreldbekerwedstryd teen Indië in Manchester, Engeland. Die Proteas se nederlaag teen Australië in hulle eerste groepwedstryd het hulle onder druk geplaas omdat slegs die beste twee spanne in elke groep die halfeindronde haal. Suid-Afrika het Woensdag ‘n briljante afskop teen Pakistan verkwansel en uiteindelik met net twee paaltjies gewen. Die kolwer Annerie Dercksen erken hulle sal moet uitpluis wat verkeerd gegaan het voor die wedstryd teen die sterk Indiese span.