# Krieket: Die eerste skof van die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap teen Australië op Lord’s in Londen het beslis aan Suid-Afrika behoort. Kaptein Temba Bavuma het die loot gewen en besluit om te boul. Kagiso Rabada het die beste van die bewolkte toestande gemaak en die paaltjies van Usman Khawaja en Cameron Green in die sewende boulbeurt geneem. Marco Jansen het saam feesgevier en van die Suid-Afrikaans-gebore aanvangskolwer Marnus Labuschagne en ook van Travis Head ontslae geraak. Teen middagete het Australië 67 vir vier op die telbord gehad.
Krieket: Proteas laat vier Aussie-paaltjies spat op die eerste oggend op Lord’s