# Krieket: Suid-Afrika het met vyf paaltjies oor Zimbabwe geseëvier in hul openingswedstryd van die T20 internasionale driehoekige reeks by die Harare Sportklub. George Linde het drie paaltjies laat val terwyl die gashere beperk is tot 141 vir ses in hul 20 boulbeurte, met kaptein Sikandar Raza wat ‘n onoorwonne 54 aangeteken het. In antwoord het die nuweling Rubin Hermann en Dewald Brevis die kolf laat swaai en onderskeidelik 45 en 41 aangeteken, terwyl die Proteas die teiken bereik het met 25 balle oor. Suid-Afrika kom môre teen Nieu-Seeland te staan.
Krieket: Proteas klop Zimbabwe in hul T20-driehoekige openingswedstryd