# Krieket: Suid-Afrika jaag ‘n wenteiken van net 132 in die eerste eendagwedstryd teen Engeland op Headingley in Leeds. Temba Bavuma het die loot gewen en die gasheer ingestuur om te kolf. Ben Ducket het sy paaltjie verloor met slegs 13 lopies op die telbord, waarna Engeland gesukkel het om vennootskappe te bou. Die laaste paaltjie het in die 25ste boulbeurt geval met die totaal op 131. Jamie Smith se 54 was die hoogste telling. Die draaibouler Keshav Maharaj het vier paaltjies geneem en Wiaan Mulder drie.
Krieket: Proteas jaag wenteiken van 132 in eerste eendagwedstryd teen Engeland