Skip to content

Krieket: Proteas jaag 277 lopies na nog ‘n meesterlike vertoning deur Muthusamy

# Krieket: Suid-Afrika jaag ‘n wenteiken van 277 lopies in die eerste toets teen Pakistan in Lahore na nog ‘n meesterlike vertoning deur draaibouler Senuran Muthusamy. Hy het nog vyf paaltjies by sy ses van die tuisspan se eerste kolfbeurt gevoeg en gehelp om Pakistan vir slegs 167 uit te boul. Pakistan het ‘n voorsprong van 109 lopies gehad nadat die Proteas op die derde dag vir 269 lopies uitgehaal is. Mede-draaibouler, Simon Harmer het vier Pakistanse paaltjies ingepalm met snelbouler, Kagiso Rabada die ander een.