# Krieket: ‘n Reuse-taak wag vandag in Darwin op die Proteas wat Australië moet weerhou van ‘n tiende agtereenvolgende T20-oorwinning om die reeks van drie wedstryde te probeer red. Die gashere het die besoekers in Sondag se eerste wedstryd met 17 lopies verslaan toe Tim David ‘n blitsige 82 van slegs 52 balle aangeteken het. Hy het begin kolf met Australië op 75 vir ses, maar het die Suid-Afrikaanse boulers gestraf en die gasheer kon herbou. ‘n Gebrek aan goeie vennootskappe het Suid-Afrika die nederlaag besorg.
Krieket: Proteas hoop om Australië vandag te verhoed om tiende agtereenvolgende oorwinning te behaal