# Krieket: Suid-Afrika het ‘n agterstand van 172 lopies in sy eerste kolfbeurt teen Pakistan op die tweede dag van die eerste toets in Lahore. Die tuisspan het vanoggend hulle beurt hervat op 313 vir vyf, maar het die laaste vyf paaltjies vir net 65 lopies verloor. Imam-ul-Haq en Salman Agha het albei 93 lopies aangeteken. Senuran Muthusamy het vir die besoekers uitgeblink met ses paaltjies. Suid-Afrika het gereeld paaltjies verloor en was teen uitskeityd op 216 vir ses met Tony de Zorzi op 81. Ryan Rickelton het 71 lopies bygedra.
Krieket: Proteas het ‘n 172-lopie agterstand na dag twee teen Pakistan in Lahore