Skip to content

Krieket: Proteas herwin nommer een-posisie ná sege oor Australië

# Krieket: Die Proteas het die derde en laaste Toets teen Australië in Kaapstad met 176 lopies gewen om die reeks met 2-1 te beklink. Die toeriste is ‘n teiken van 288 gestel maar uitgeboul vir 111. Die oorwinning beteken die Proteas is vir die eerste keer sedert Januarie 2016 weer nommer een op die wêreldranglys vir Toetskrieket. Draaibouler, Simon Harmer, het die beste boulsyfers van sy loopbaan aangeteken met ses paaltjies vir 16 lopies, en Kagiso Rabada het drie paaltjies laat kantel. Die Proteas is ook nou tweede op die IKR se Wêreldtoetskampioenskaps-puntelys.