# Krieket: Die T20-reeks tussen Engeland en Suid-Afrika verskuif vandag na Old Trafford in Manchester nadat die Proteas Woensdag die reën-ontwrigte eerste wedstryd in Cardiff, Wallis, gewen het. Die wedstryd is na nege boulbeurte per span verkort na ‘n vertraging van twee-uur. Suid-Afrika het 97 vir vyf bereik na sewe boulbeurte en vyf balle toe dit weer begin reën het. Engeland moes 69-lopies in vyf boulbeurte bereik na ‘n Duckworth-Lewis-Stern-aanpassing en kon slegs 54 vir vyf haal. Die laaste T20 word Sondag op Trent Bridge in Nottingham gespeel.
Krieket: Proteas, Engeland T20-stryd skuif na Old Trafford